Tieners in hegtenis na rooftog

OOS-KAAP. – Twee tieners, wat albei 16 jaar oud is, is in hegtenis geneem nadat hulle glo ’n broodlorrie beroof het.
Kapt. Dineo Koena, polisiewoordvoerder, sê die vragmotor het brood afgelewer toe die verdagtes glo die bestuurder genader het om geld met ’n geweer te eis.
Die polisie is ontbied en het die twee in hegtenis geneem. Daar is op ’n onbekende bedrag geld en ’n 9 mm-pistool met ammunisie beslag gelê.
Die tieners het gister in die landdroshof in Mqanduli verskyn.