KAAPSTAD. – ’n Seun is in hegtenis geneem nadat sy pa op die lyk van sy ouma (75) onder ’n stapel klere afgekom het.
Verskillende steekwonde
Die pa, wat op die ouma se liggaam afgekom het, bly in ’n Wendy-huis agter die ouma se huis. Die ouma is na bewering met verskillende steekwonde gevind en was ook glo halfkaal. The Daily Voice het berig die pa het aan sy seun gevra wat gebeur het, maar die seun het in sirkels gepraat. Daily Voice berig verder Die ouma is na bewering met ’n mes uit haar eie kombuis gesteek.
In die landdroshof verskyn
Eric Ntabazalila, die Wes-Kaapse nasionale vervolgingsgesag se woordvoerder, sê die verdagte het Maandag in die landdroshof verskyn.
Volg FiND iT hier.



