April 19, 2021

Man verkrag en neem dan vroue se privaatdele af

JOHANNESBURG. – Percy Matimba Chauke (36) het verskeie vroue verkrag waarna hy hulle privaatdele afgeneem het in ’n poging om hulle af te pers. Chauke het die afpersingstegniek gebruik sodat sy slagoffers moet stibly.

Gedreig met ’n wapen

Phindi Mjonondwana, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag (NVG), het gesê Chauke is skuldig bevind op nege aanklagte van verkragting, ses aanklagte van roof en een aanklag van diefstal. Mjonondwana sê Chauke se slagoffers was gewoonlik werkloos. Hy het werksgeleenthede aan sy slagoffers belowe. Volgens Mjonondwana het hy aan die slagoffers gesê hy neem hulle na ’n voornemende werkgewer. Hy het hulle dan na ’n veld geneem en hulle gedreig met ’n wapen, aangerand, verkrag en beroof.

Privaatdele afgeneem

Mjonondwana sê Chauke het drie van sy slagoffers se pivaatdele afgeneem en aan hulle gesê hy sal dit op sosiale media plaas as hulle vir iemand vertel dat hulle verkrag was.  

Chauke is tot drie keer lewenslank en 134 jaar in die Johannesburg-hooggeregshof gevonnis.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: