Juffrou van Tzaneen gevind

Deel hierdie storie / Share this story

LIMPOPO. – Charmain van Staden (55), ’n onderwyseres, het Saterdag in haar Hyundai i10 geklim en niemand het haar daarna weer gesien nie.

Marobo Seabela, polisiewoordvoerder, sê sy is Saterdag om 10:00 gesien toe sy in haar motor geklim het. Seabela sê Van Staden het glo aan haar dogter gesê sy gaan winkel toe, maar sy het nooit weer teruggekeer huis toe nie.

Vermis

Sy is Maandag by die polisie as vermis aangemeld. Sy is vandag ongedeerd gevind. Geen verdere inligitng is bekend nie.

Volg FiND iT hier.