February 28, 2021

Vyf dood in nog ’n skietery

KAAPSTAD. – Die polisie ondersoek nóg ’n skietvoorval nadat ’n skietery in ’n nedersetting losgebrand het en vier mense doodgeskiet is.

Op die toneel dood verklaar

Brig. Novela Potelwa, polisiewoordvoerder, sê sewe mense het in ’n taxi gesit toe aanvallers die taxi genader het en skote begin afvuur het. Vier mans is op die toneel dood verklaar en drie mense is na ’n hospitaal geneem. ’n Vyfde slagoffer is in die hospitaal oorlede.

Potelwa sê die motief agter die voorval hou met taxi’s verband. ’n Saak van moord en poging tot moord word ondersoek.

Skietvoorval

Die skietery volg na ’n skietvoorval by die Kaapstad-stasiedek waar sewe mense gewond is. Tydens dié voorval het onbekende aanvallers ook op die stasiedek losgebrand voordat hulle in verskillende rigtings gevlug het.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: