April 21, 2021

Cele praat oor EFF se dreigemente

Foto: Face2Face Africa

Bheki Cele, minister van polisie, het Maandag gereageer op die EFF se dreigemente dat hulle van deur tot deur sal gaan om polisiebeamptes en hulle gesinne in hulle huise uit te daag.

“Hier het hy die lyn oortree,” sê Cele. “Hier het hy regtig die lyn oortree. Hulle dink die polisie gaan net terugsit en hulle arms vou. Die polisie se werk is om te beskerm, te voorkom, ondersoek in te stel en seker te maak die wet word gehoorsaam.”

Verder sê Cele aan enigiemand wat dalk bekommerd is dat die EFF aan hulle deure gaan kom klop, dat hulle nie bekommerd hoef te wees nie.

Cele is vol vertroue dat polisiebeamptes bekwaam is om hulself te verdedig indien hulle aangeval word.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: