April 18, 2021

Lang reddingspoging na vrou by waterval val

Foto: Verskaf

KWAZULU-NATAL – ’n Vrou, wat Sondag by ’n waterval by die Krantzkloof-natuurreservaat gegly en geval het, het reddingsdienste byna vier uur lank besig gehou terwyl hulle haar na veiligheid probeer bring het.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê die nooddienste is om ongeveer 10:24 na die toneel ontbied. “Die verslag het gesê ’n 52-jarige vrou het haar balans verloor en vier meter na onder op die rotse geval,” sê hy.

’n Reddingspan het die roete gevolg tot by die vrou. Sy is op die toneel behandel voordat sy met ’n spesiale draagbaar van die rotse af gehys is.

Volgens Herbst het die reddingspoging net minder as vier uur geduur.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: