April 19, 2021

Plaasaanval – Vrou (78) lê ure op vloer

BLOEMFONTEIN. – Willa Greyling (78) het vir ure lank beseer op die vloer van haar huis op ’n kleinhoewe na ’n aanval gelê. Die aanval het plaasgevind presies twee maande nadat haar man aan kanker oorlede is.

Wreed aangerand

Greyling is na bewering Vrydagaand laat deur twee mans met klupmusse oorval, vasgebind en wreed aangerand. Sy was reeds in die bed toe die mans die huis binnegedring het. Die verdagtes het die kluis oopgemaak en het met R500 en haar selfoon gevlug.

Nooddienste ontbied

Greyling bedryf ’n winkel op die kleinhoewe waar daar nog drie gesinne woon. Twee mans het haar die oggend hoor gil en nooddienste ontbied. Sy is in die Life Rosepark-hospitaal se waakeenheid behandel en is later na die ortopediese afdeling oorgeplaas.

Kol. Thandi Mbambo, polisiewoordvoerder, sê die polisie ondersoek die voorval.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: