April 21, 2021

Man red hondjie van krokodil

FLORIDA. – ’n Man (74) het nie geskroom om met ’n krokodil te stoei om sy babahondjie se lewe te red nie.

Robert Wilbanks het met sy drie maande oue hondjie geloop toe ’n krokodil skielik uit ’n nabygeleë dam spring en die hondjie gryp. ’n Sekuriteitskamera het die oomblik toe Wilbanks in die dam spring om sy hondjie uit die kake van die krokodil te red, vasgevang.

Hondjie bevry

Mens kan op die video sien hoe Wilbanks met die krokodil worstel en sy kake oopmaak om die hondjie te bevry. In die beeldmateriaal kan gesien word hoe die hondjie, Gunner, losbreek, uit die dam swem en van die krokodil weghardloop terwyl Wilbanks sy kake oophou.

Suksesvol behandel

Gunner ’n wond in die voorval opgedoen wat suksesvol deur ’n veearts behandel is. Hierbenewens onthul Wilbanks dat sy hande “gekou” is en dat hy ’n tetanus-inspuiting nodig gehad het.

Die pensionaris beweer nietemin dat hy nie wil hê dat die krokodil van kant gemaak moet word nie.

Kyk die video hier.

Lees nog artikels hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: