VRYSTAAT. – Drie mense, waaronder twee mans en een vrou, het die naweek tydens ’n doopseremonie naby Bethlehem, Vrystaat verdrink.
Die oorledenes van tussen 24 en 25 jaar oud, wat lede van ’n gemeente op Botshabelo was, het glo na die Liebenbergvlei-rivier gegaan om gedoop te word.
Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, sê die polisie is tans nog op soek na die twee mans se liggame nadat die vrou se liggaam uit die rivier gehaal is.
Lees meer artikels hier.



