Suid-Afrika is op vlak een van inperking en die Covid-19-infeksiesyfer het oornag met 2 270 meer geword. Daar is nou 767 679 positiewe gevalle van die virus in die land.
Só sê dr. Zwelini Mkhize, minister van gesondheid.
Die aantal sterftes weens Covid-19 wat in die land aangemeld is, is 20 903 en 710 099 persone is van die virus genees.
Die land se gesondheidspanne kon tot op hede 5 290 966 toetse vir die virus doen.



