April 21, 2021

Plaasaanval – ‘Oom Dirkie is uitmekaar uit geslaan’

MIDDELBURG. – “Oom Dirkie het ongelooflik seer. Sy hande en sy voete is stukkend en geswel. Hy lyk regtig nie baie goed nie.”

Só klink die paniekerige stem op ‘n stemboodskap van die man wat om hulp vra vir mense om by die plaas op Stofberg te kom help na ‘n plaasaanval plaasgevind het.

Plaasbestuurder

Dirkie Buys (60) werk al vir 12 jaar as plaasbestuurder op Nico Naude se plaas. Naude is ‘n plaaslike hoenderboer.

Wiekus Lusse, ‘n familievriend, sê Buys is glo deur vier verdagtes vasgebind en geslaan. Daarna het die verdagtes die huis deursoek. Daar word goedere uit sy huis vermis.

Met toue vasgebind

Volgens Lusse het werkers op die plaas gesien dinge lyk nie reg by Buys se huis nie en het dadelik vir Naude geroep. Hulle het toe op Buys afgekom waar hy vasgemaak is. Lusse se sy hande en voete was vreeslik geswel van die toue waarmee hy vasgemaak is. Hulp is dadelik op Middelburg-noodgroepe gevra.

Buys is eers op die toneel deur paramedici ondersoek waarna hy in die hospitaal opgeneem is.

FiND iT het navraag by die polisie ingesit en wag op terugvoer.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: