November 29, 2020

Video wys polisiebeamptes gooi man uit rolstoel

KAAPSTAD. – Dan Plato, die burgemeester van Kaapstad, het om verskoning gevra vir die optrede van twee polisiebeamptes wat op video vasgevang is terwyl hulle ‘n man tydens ‘n woordewisseling uit sy rolstoel gooi.

In die video, wat wyd op sosiale media gedeel is, word gesien hoe een beampte sy been teen die rolstoel plaas. ’n Tweede beampte gaan staan agter die rolstoel, kantel die rolstoel om en die man val dan op die grond neer. Die polisiebeampte vat dan die rolstoel en stoot dit vanaf die man weg.

Man in rolsteol

’n Ander man verskyn dan op die toneel en stoot die rolstoel weer terug na die gestemde man. Hy vra aan die polisiebeamptes hoekom hulle dit aan die man doen. Die woordewisseling duur voor tydens die voorval. Aan die einde van die video kom sê ’n manstem aan die persoon wat die video neem om die video te stop. Die stem sê hy mag nie ’n video op polisiegronde neem nie, anders kan hy in hegtenis geneem word.

Die omstandighede rondom die voorval word ondersoek. Die twee polisiebeamptes wat in die voorval betrokke was, sal vir die duur van die ondersoek geskors wees.

“Ek wil net om verskoning vra oor die voorval,” sê Plato.  Plato het in ‘n verklaring gesê hy het die voorval met Richard Bosman, uitvoerende direkteur van veiligheid en sekuriteit, bespreek.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *