November 29, 2020

Polisiebeamptes gebruik wéér traangas

BRACKENFELL. – Terwyl die EFF-lede besig was om die 500 lede wat na die skool moet beweeg bymekaar te maak, het die polisie weer traangas gebruik om die lede te beheer.

Probeer steeds voortdurend deurbreek

Die polisie beveel aan dat die EFF-lede wat nie deel van die 500 is nie die area verlaat. Die paaie wat na die skool lei, is afgebaken en die polisie keer dat die lede daar deurbeweeg. Die EFF-lede probeer steeds voortdurend daar deurbreek. Waterkanonne beweeg nou nader aan die area waar die EFF naby die skool is.

Volgens die permit moet die memorandum teen 14:00 afgelewer wees en die optog moet eindig.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *