November 29, 2020

Man dood toe kar hom stamp

KYASANDS. – ’n Man (27) is gisteraand dood toe hy deur ’n motor in Malibongwe-rylaan in KyaSands getref is.

ER24-paramedici het op die toneel opgedaag en die liggaam van ’n man op die middelman gevind. Die motor wat die man getref het, is ’n entjie verder geparkeer gevind.

Paramedici het die man ondersoek en bevind hy het talle beserings opgedoen het en geen teken van lewe getoon nie. Niks kon vir hom gedoen word nie en hy is dood verklaar.

Die bestuurder van die voertuig het geen beserings opgedoen nie.

Die besonderhede oor hierdie voorval is nog nie bekend nie, maar plaaslike owerhede was op die toneel vir verdere ondersoek.

Lees meer berigte hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *