December 2, 2020

Motor ry teen berg af

GORDONSBAAI. – ’n Man (60) is ernstig beseer en in ’n kritieke toestand nadat sy motor teen die berg naby die Steenbrasdam in Mountainside in Gordonsbaai afgestort het.

Omstreeks 10:00 het ER24-paramedici op die toneel opgedaag waar die Wes-Kaapse brandweer Gordonsbaai-medici reeds besig was om die man uit die voertuig te haal.

Nadat die man na die pad gebring is, het medici die man ondersoek en bevind hy is in ’n kritieke toestand weens die ernstige aard van sy beserings. Die man is behandel en van lewensondersteunende ingrypings voorsien voordat hy vir verdere sorg na ’n nabygeleë hospitaal vervoer is.

Die besonderhede oor hierdie voorval is nog nie bekend nie, maar plaaslike owerhede was op die toneel vir verdere ondersoeke.

Lees meer artikels hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *