Kinders dood in ou motor op erf gevind

Deel hierdie storie / Share this story

NOORDWES. – Die liggame van ’n boetie, sussie en hulle maatjie is in ’n ou motor op ’n erf aangetref.

Kinders in die ou motor gevind

Brig. Sabata Mokgwana, polisiewoordvoerder, sê die ouma het die drie kinders, Thabo Mohibidu (4), Thoriso Mohibidu en Bokao Sheleng (6), by haar nedersetting agtergelaat om ’n begrafnis te gaan bywoon. Volgens Mokgwana het die ouma later die middag teruggekom en die liggame van die kinders in die ou motor gevind.

Die omstandighede rondom die voorval word ondersoek.

Volg FiND iT hier.