December 2, 2020

Juffrou verkrag seun (13) voor klas

ARIZONA. – ’n Juffrou hier is tot 20 jaar tronkstraf gevonnis nadat sy ’n 13-jarige seun tydens ’n klas verkrag het. Sy het glo al vir ’n geruime tyd met die seun ’n seksuele verhouding gehad en een van die seun se maats moes op die uitkyk wees terwyl die insident plaasgevind het.

Volgens iheartintelligence, het die onderwyseres (29) vir die seun eksplisiete boodskappe gestuur wat later in n seksuele verhouding verander het. Die afskuwelike misdaad het aan die lig gekom toe die seun se ouers die boodskappe op sy foon gesien het.

Sy het erken sy het ’n voortdurende seksuele verhouding met die tienerseun in haar klas gehad en is vir molestering, verkragting en openbare seksuele onsedelikheid gevonnis.

Die paartjie was glo nie geheimsinnig met hulle verhouding nie en het selfs onvanpas voor ander mense opgetree. Die juffrou het glo video’s vir die klas gespeel sodat sy en die seun in die klas kon seks hê. ’n Vriend van die seun is gevra om op die uitkyk te wees vir wanneer iemand aankom. Die vriend het aan die polisie gesê: “Hulle het dit net gedoen. Dit was baie ongemaklik.”

Lees meer artikels hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *