Suid-Afrika is op vlak een van inperking en die Covid-19-infeksiesyfer het oornag met 2 888 meer geword. Daar is nou 757 144 positiewe gevalle van die virus in die land.
Die aantal sterftes weens Covid-19 wat in die land aangemeld is, is 20 556 en 701 534 persone is van die virus genees.
Die land se gesondheidspanne kon tot op hede 5 189 580 toetse vir die virus doen.



