Taxibetoging- meeste paaie geblok

PRETORIA. – Die National Taxi Alliance (NTA) het aangekondig hulle gaan nie vandag in Pretoria mense vervoer nie weens die betoging wat tans aan die gang is.

Meeste paaie in Pretoria is geblokkeer met taxi’s wat dwars oor die paaie staan. Volgens die kennisgewing wat uitgestuur is, sal die National Taxi Alliance (NTA) ‘n optog na die Departement van Vervoer en die Uniegebou hou. Die rede vir die optog is glo omdat daar aan hulle ’n Covid-hulpfonds belowe was.

Memorandum te oorhandig

Isaac Mahamba, senior superintendent, sê hulle sal na verwagting die eerste memorandum om 11:00 oorhandig en om 12:00 vanaf die Departement van Vervoer vertrek en na die Uniegebou beweeg. Daar word verwag dat die tweede memorandum om 13:30 oorhandig sal word en hulle sal om 15:00 vanaf die Uniegebou vertrek.

Motoriste word aanbeveel om strate naby die geaffekteerde areas en veral die N1 te vermy.

Volg FiND iT hier.

.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: