February 26, 2021

Dolgelukkig ná Kimberliete se hulp

Foto: Verskaf

“Ons was eers skepties oor of Rusty vir die see se baie water bang sal wees, maar nou lyk dit asof hy in die water gebore is. Hy gaan soos ’n meermin tekere!”

Ellen Fritz (58) wat in Oktober byna van haar beste vriend van sewe jaar moes afskeid neem, is nou dolgelukkig by haar nuwe plekkie op Pringlebaai.

Sunette Niemann, ’n vriend van Fritz, sê hulle kon in Oktober genoeg geld insamel om vir Rusty en Fritz elkeen ’n vliegkaartjie na Pringlebaai te koop.

Fritz is blind gebore en is weens ‘n ongeluk in 1984 gedeeltelik doof. Sy moes haar gidshond opgee en Rusty, ‘n boerboel-teef, is vir die afgelope sewe jaar haar beste vriend. Alhoewel Rusty nie ’n opgeleide gidshond is nie, maak hy steeds vir Fritz wakker wanneer sy nie haar gehoorapparate dra nie.

“Ag, ek wil net hê almal moet weet daar is ’n happy ending,” vertel Niemann. “Hulle altwee het nou so mooi ingesettle en hulle is baie gelukkig!”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: