Suid-Afrika is op vlak een van inperking en die Covid-19-infeksiesyfer het oornag met 1 987 meer geword. Daar is nou 754 256 positiewe gevalle van die virus in die land.
Die aantal sterftes weens Covid-19 wat in die land aangemeld is, is 20 433 en 696 820 persone is van die virus genees.
Die land se gesondheidspanne kon tot op hede 160 877 toetse vir die virus doen.



