April 18, 2021

Ses vas vir vermoedelike bedrog van R9,9 m

Foto: Unsplash

NOORD-KAAP – Ses verdagtes, onder andere die projekbestuurder by die Robert Mangaliso Sobukwe-hospitaal in Kimberley, is vanoggend deur die Valke se teenkorrupsiespan in hegtenis geneem vir beweerde bedrog van R9,9 miljoen.

Volgens kol. Katlego Mogale, polisiewoordvoerder, het die departement van onderwys in die Noord-Kaap in 2014 kontrakte vir opknapping van die hospitale uitgewerk. Hierdie kontrakte is aan verskeie besigheidsentiteite toegeken.

“Bedrog het plaasgevind toe die betrokke entiteite vals kwotasies en besigheidspraktyke gebruik het,” sê hy.

Die departement het toe die verlies van R9,9 miljoen gely.

Die verdagtes verskyn later vandag in die Kimberley-landdroshof.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: