February 28, 2021

KYK: Ouers woedend na leerling op skoolgrond gesteek is

GAUTENG. – ’n Video waarin een leerling van Hoërskool Elspark ’n ander met ’n mes steek, het gisteraand op Whatsapp-groepe versprei. Die leerling wat gesteek is, herstel tans in die hospitaal. Daar word beweer die mes het die leerling se hand gesny toe hy dit wou gryp. Daarna is hy in die sy gesteek.

Glo na ’n selfoon verdwyn

Die bakleiery het glo uitgebreek na ’n selfoon gesteel is. Saam met die video was ’n stemboodskap versprei waarin een van die ouers praat. Daar word verwag dat Panyaza Lesufi, LUR van die Gautengse onderwysdepartement, die skool vandag gaan besoek. Die ouers van die leerlinge is tans in ’n vergadering.

Inskrywing op sosiale media oor die voorval beweer die EFF gaan ook die skool glo vanoggend besoek.

Kyk na die video hier:
https://fb.watch/1PaAaqDAZm/

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: