Hoërskool Brackenfell – Vrydag se optog, ouers mag kinders tuis hou

Foto: Ayanda Ndamane/African News Agency (ANA)

BRACKENFELL. – Die Hoërskool Brackenfell sê ouers mag hulle kinders Vrydag tuis hou. Eksamens vir leerlinge van graad ag tot elf wat op die dag sou plaasvind, sal geherskeduleer word.

’n Ander lokaal skryf

Die gr. 12-leerlinge gaan glo in ’n ander lokaal skryf. Die skool sê hulle sal steeds oop wees vir leerlinge wat wel skool toe wil kom. Dit volg na die EFF aangekondig het hulle gaan Vrydag weer by die skool bymekaarkom. Die EFF het reeds op 6 en 9 November voor die skool betoog na ouers en leerlinge van die skool ’n privaat funksie gehou het waarheen leerlinge van kleur glo nie genooi was nie. Ouers en lede van die gemeenskap het ook op 9 Novmeber by die skool opgedaag om hulle kinders te beskerm.

Interdik teen die protesaksie

Die EFF het aan EWN gesê die skool se poging om ’n interdik te bekom, is onnodig en hulle voel die skool het oorreageer.

Die beheerliggaam van Hoërskool Brackenfell het intussen aansoek gedoen om ’n dringende interdik teen die protesaksie te kry. Die saak is dus gister uitgestel tot 2 Desember 2020.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: