Covid-19 in SA: Só lyk die syfers nou

Deel hierdie storie / Share this story

Suid-Afrika is op vlak een van inperking en die Covid-19-infeksiesyfer het oornag met 1 245 meer geword. Daar is nou 752 269 positiewe gevalle van die virus in die land.

Die aantal sterftes weens Covid-19 wat in die land aangemeld is, is 20 314 en 695 496 persone is van die virus genees.

Die land se gesondheidspanne kon tot op hede 5 142 947 toetse vir die virus doen.