April 19, 2021

‘Beter as om by die huis te lê of mense te pla’

Foto: Caria van der Merwe

KIMBERLEY – “Dis ’n goeie ding. Dis ’n goeie ding. Beter as om by die huis te lê of mense te pla!” Gladston Nel (29) en Phillimon Molcho (27) het besluit tot hier toe en nie verder nie en het besluit om slaggate in Kimberley se paaie op te vul en tot die beste van hul vermoë vir Kimberliete rybaar te maak.

Molcho vertel hoe hy altyd by ’n vierrigtingstop gesit en kos vra het net sodat hy die aand iets kan hê om te eet.

“Ek het altyd so gesit en kyk hoe die karre moet ry om die slaggate te vermy. Ek het die volgende dag my besem gebring en die gate met die sand rondom dit toegevee. Mense het my ondersteun en dis toe dat ek besluit het om ’n verskil in die Kimberliete se lewens te maak,” vertel hy.

Vandat hy vier maande gelede met hierdie projek begin het, is daar mense wat vir hom plakkate gemaak het, ’n Bybel gegee het en selfs ’n paar wat vir hom geld gegee het vir sy moeite.

Die twee, wat vir hulself werk en nie vir ’n organisasie of maatskappy nie, beplan om tot Vrydag in Avivaweg te werk. “Ons is so van 08:00 tot 16:00 hier,” sê Molcho.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: