February 25, 2021

Vrou se lyk met uitgesteekte oë gevind

KAAPSTAD. – Wongeka Vimbayo (34) se lyk is deur ’n familielid in haar huis gevind. Vimbayo het nie klere aangehad nie en haar oë was uitgesteek.

Kneusmerke aan haar lyk

Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, sê die rede vir die moord word ondersoek. Volgens Rwexana is niemand nog in hegtenis geneem nie. Die familielid het by die huis aangekom en die deur was gesluit. Die familielid het toe ’n venster oopgemaak en haar op die bed sien lê. Volgens hom was haar gesig vol sand, haar hand geswel en het kneusmerke aan haar lyk gehad. Hy sê Vimbayo se lyk het nie oë gehad nie.

Die familie beweer sy was verkrag en op ’n ander plek vermoor waarna hulle haar lyk in die nedersetting afgelaai het.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: