TV-kykers kla oor ‘onvanpaste’ manier waarop pa aan baba vat

Foto: Skermgreep

’n Advertensie waar ’n gespierde, getatoeëerde en bebaarde pa sy babadogtertjie se doek omruil, het televisiekykers vreeslik ontstel omdat hy glo ‘onvanpas’ aan sy dogter raak en haar geslagsdele ‘duidelik sigbaar’ is.

Vyf vroue het gekla oor dié advertensie vir Bepanthen Nappy Care Ointment en gesê dit is onvanpas omdat dit glo babaverkragting en seksuele aanranding aanwakker.

Bayer, die Duitse firma wat Bepanthen maak, het die klagtes afgemaak en gesê hulle het juis ’n man gekies om stereotipes van geslagsverwante take af te breek. “Die advertensie wys ’n liefdevolle pa wat sy babadogter se doek omruil,” sê Bayer.

Die Advertensiebeheerraad (ABR) het Dinsdag die vroue se klagtes afgemaak en gesê dat die pa nié op ’n onvanpaste wyse aan die baba geraak het nie. Volgens hulle uitspraak het die kykers bloot ongemaklik gevoel oor die pa se voorkoms.

“Die feit dat die pa vol tatoeëermerke is, daag stereotipes uit en dis wat ons adverteerders aanmoedig om te doen,” lui die uitspraak.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: