Petrus wys ondersteuning in Hennenman

HENNENMAN. –  Petrus Sitho wat sy hande en voete met kettings tydens die Senekal-optog vasgebind het en gesê het hy sal dit eers weer losmaak wanneer boere se regte aangehoor word, het vandag sy ondersteuning op Hennenman gewys.

Vermeende aanvallers

Mense het in groot groepe vandag op Hennenman bymekaargekom waar Eddie en Pieter Hills se vermeende aanvallers om borg aansoek doen. Petrus is ook daar en het die groepe toegespreek. Petrus het in sy toespraak gesê hy was verlede week in Mosambiek. “Lede van Mozambiek het my verlede week kom haal. Die gemeenskap het aan my gesê hulle het my hulp nodig. Hulle stem saam oor die dinge waarvoor ek opstaan,” sê Petrus.

Aktivis vir plaasmoorde

Petrus sê die president moet die mense van die land respekteer. Petrus is ’n aktivis teen plaasmoorde en het bekend geword na die Senekal-optog. Die optog was gehou na ’n plaasvoorman, Brendin Horner (21), wreed op ’n plaas vermoor is.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: