Vrou dagvaar ginekoloog nadat sy glo 16 maande met pyn lewe

KWAZULU-NATAL. – ’n Vrou dagvaar haar ginekoloog in die Durbanse hooggeregshof vir R5 miljoen nadat ‘n mediese depper na bewering in haar buik tydens ‘n chirurgiese prosedure vergeet is.

Henisha Indurjeeth (34) het glo vir 16 maande na ’n operasie met pyn geloop. Sy beweer haar spesialis het nie ondersoek ingestel om die oorsaak van die pyn vas te stel nie. Sy dagvaar die spesialis vir nalatigheid.

Pynmedikasie voorgeskryf

Indurjeeth het ’n groot operasie in 2017 ondergaan waarna sy erge pyn ondervind het. Die dokter het glo heeltyd vir haar pynmedikasie voorgeskryf. Die pyn wat sy ondervind het, het later haar beweeglikheid beïnvloed. ’n Jaar later het sy vir ’n tweede opine gegaan en die dokter het glo iets vreemds by haar buikarea gevoel. Hy het haar aanbeveel om ’n skandering te laat doen.

Gekrulde draadagtige voorwerp

Die skandering het ’n gewas gewys. Die gewas was ‘n lang, gevoude en gekrulde draadagtige voorwerp. Dit is toe dat hulle haar opereer en ’n mediese depper is glo toe uit haar buik verwyder.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *