DURBAN. – ’n Vrou (27) van hier is met petrol gegooi en is aan die brand gesteek nadat sy daarvan beskuldig word dat sy by heksery betrokke is.
Poging tot moord
Kapt. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder, sê ’n saak van poging tot moord is geopen. Gwala sê die vrou is na bewering aangerand en glo deur die gemeenskapslede verbrand. Sy sê die slagoffer het in die bosse ingehardloop en die polisie het haar later met ernstige brandwonde daar gevind.
Met heksery betrokke
Gwala sê niemand is nog in hegtenis geneem nie.
In 2018 was drie mense in KwaZulu-Natal vermoor nadat hulle ook daarvan beskuldig was dat hulle by heksery betrokke was.
Volg FiND iT hier.



