Ma verkoop glo dogter (13) aan buitelandse man (29)

DURBAN. – ’n Vrou wat na bewering haar dogter aan ’n buitelandse man (29) verkoop het, is op borg vrygelaat.

Kol. Thembeka Mbele, ‘n provinsiale polisiewoordvoerder, sê ‘n saak van statutêre verkragting is by die Tongaat-polisiekantoor geopen en twee verdagtes, tussen 29 en 49, is op 30 September in hegtenis geneem. Mbele sê daar word beweer die dogter en man was in ’n verhouding en die ma was bewus daarvan.

Op die dogter verlief

Die vrou het glo haar dogter vir geld en kruideniersware verkoop. Daar word beweer die man het in Januarie na die vrou gegaan en gesê hy is op die dogter verlief. Die ma het die verhouding eers nie toegelaat nie, maar het later ingestem dat die man die dogter sien. Tydens die inperking het die dogter en man mekaar gereeld gesien en die dogter het na bewering in September swanger geraak.

In aanhouding bly

Die ma is op borg van R2 000 vrygelaat terwyl die man in aanhouding bly nadat hy versoek het dat hy deur ‘n private prokureur verteenwoordig word. Die man gaan die week weer in die hof verskyn waar hy vir borg aansoek sal doen.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *