April 19, 2021

Onderwyser in hegtenis vir verkragting van leerling (13)

KIMBERLEY – Die polisie ondersoek tans ’n saak van verkragting na ’n onderwyser in Kimberley vir die beweerde verkragting van ’n 13-jarge leerling in hegtenis geneem is.

Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê die 41-jarige onderwyser het die slagoffer na bewering verskeie kere tussen September en Oktober 2020 verkrag.

Die verdagte is die slagoffer se onderwyser en werk by ’n skool in Kimberley. Hy is vandag in hegtenis geneem en sal op 13 November in die hof verskyn.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: