February 28, 2021

Lyk sonder kop, hande en bene gevind

Foto: Canva

DURBAN. – ’n Lyk van ’n vrou sonder ’n kop, hande en bene het op Cutting-strand hier uitgespoel.

Allistair Barclay, van Proficient Tactical Security, het aan IOL gesê hy het ’n oproep van die sekuriteitswag ontvang. Die wag het aan Barclay gesê hy dink daar het ’n lyk op die strand uitgespoel.

Ingewande was ook buite

Proficient Tactical Security het op die toneel aangekom en dadelik die polisie ontbied. Die lyk was glo nog effens in die water en Barclay het toestemming by die polisie gekry om die lyk tot op die strand te bring. Hy sê die vrou se ingewande was ook buite.

Die polisie ondersoek die voorval.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: