Lotto-wenner het sy werk in 2019 verloor

OOS-KAAP. – ’n Pa wat sy werk in 2019 verloor het, hoef nie meer bekommerd te wees oor hoe hy na sy kinders gaan omsien nie. Dié pa van Oos-Londen is nou ’n miljoenêr.

Miljoene rande

Hy het sy kaartjie teen R15 gekoop en het op die aand van 27 Oktober nog nie geweet hy is die wenner van miljoene rande nie. Hy sê hy kon die oggend van 28 Oktober nie slaap nie en het besluit om die PowerBall-uitslae aanlyn na te gaan. Dit is toe dat hy uitvind hy het die boerpot gewen.

Sy geld kom eis

Volgens Ithuba, lotery-operateur, het die man eers twee weke nadat hy gewen het sy geld kom eis. Die man het aan Ithuba gesê hy het sy ID misplaas en het dit nodig gehad om die geld te kry. Ithuba sê die man gaan die geld gebruik vir sy kinders se onderrig en om ’n huis vir sy kinders te koop.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: