February 26, 2021

EFF lê klagtes na beweerde gewelddadige aanval in Brackenfell

Foto:African News Agency (ANA)

BRACKENFELL. – Die EFF het klagtes teen inwoners van Brackenfell aanhangig gemaak na die gewelddadige botsing wat Maandag buite die Hoërskool Brackenfell plaasgevind het.

Beweerde rassisme

EFF-ondersteuners het Vrydag en Maandag buite Hoërskool Brackenfell bymekaargekom om teen beweerde rassisme te betoog. Dit volg na ’n privaat funksie deur ouers en leerders gereël is waarheen leerders van kleur glo nie genooi is nie. Ouers en gemeenskapslede het Maandag ook voor die skool bymekaargekom.

Klagtes teen inwoners

Melikhaya Xego, provinsiale EFF-voorsitter, het Dinsdag ’n groep EFF-lede vergesel om klagtes teen diegene wat hulle glo tydens die betoging aangeval het, te lê. Xego sê die lede het gesondheidswerkers na die betoging gesien en is direk daarna na die Brackenfell-polisiekantoor.

Die polisie moes Maandag gebruik maak van skokgranate om die skare onder beheer te kry.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: