Ace Magashule vandag in die hof

Foto: News24

BLOEMFONTEIN – Ace Magashule, sekretaris-generaal van Suid-Afrika, verskyn vandag in die Bloemfonteinse landdroshof na daar Dinsdag ’n lasbrief vir sy inhegtenisname uitgereik is.

Daar is gister reeds ’n verklaring uitgereik wat aankondig President Brandstraat en St Georgestraat in Bloemfontein sal afgesper wees omdat daar ’n skare buite die hof verwag word.

Die polisie is reeds vanoggend vroeg in die strate en busse vol Ace-ondersteuners het ook opgedaag.

Een van die aanklagte waarop Magashule teregstaan, is die betaling van die studiegeld van ‘n dogter van ‘n voormalige regshoof van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *