Betogings laat matrieks gestrand, talle kon nie eksamen skryf

Foto: Canva

KAAPSTAD. – Drie busse en ’n vragmotor is as gevolg van betogings aan die brand gesteek. Tydens die betoging was matrieks gestrand en kon nie eksamen skryf nie.

Betogings oor dienslewering

Sers. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, sê die polisie was op die toneel en die betogings is glo as gevolg van gebrekkige dienslewering. Die betogings het belangrike paaie versper en vele leerlinge kon nie by die skool uitkom nie. Bronwen Dyke-Beyer, woordvoerder vir die Golden Arrow-busdiens sê hulle is net bly om te hoor niemand is beseer nie. Die busse het ’n waarde van R2.4 miljoen elk.

Kon nie eksamen skryf nie

Die Wes-Kaapse departement vir onderwys het gesê hulle het eers die eksamentyd aangeskuif. ’n Groot aantal leerders kon steeds nie die eksamen aflê nie. Die departement gaan aan ’n ander manier dink hoe hulle die eksamen kan inhaal.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *