EFF-vrou glo met bofbalkolf geslaan

BRACKENFELL. – Die vrou wat beweer sy is tydens die betogings buite Hoërskool Brackenfell aangerand, sê sy gaan nie rus voordat geregtigheid geskied nie.

Buite die skool betoog

Sibongile Nkasayi (22) beweer sy is Maandag tydens die betoging met ‘n bofbalkolf in die rug geslaan. Nkasayi was deel van die groep EFF-ondersteuners wat buite die skool betoog het. Die betoging het uitgebreek omdat daar ’n funksie deur leerders en ouers gereël was waarheen leerders van kleur glo nie genooi was nie.

“Ek wil hê hy moet in hegtenis geneem word en betaal vir wat hy aan my gedoen het. Hy het my verneder,’ het Nkasayi aan EWN gesê. Sy sê sy het ’n dokter na die voorval gaan sien.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *