Covid-19 in SA: Só lyk die nuutste syfers

Deel hierdie storie / Share this story

Suid-Afrika is op vlak een van inperking en die Covid-19-infeksiesyfer het oornag met 2 140 meer geword. Daar is nou 742 394 positiewe gevalle van die virus in die land.

Die aantal sterftes weens Covid-19 wat in die land aangemeld is, is 20 011 en 686 458 persone is van die virus genees.

Die land se gesondheidspanne kon tot op hede 5 037 782 toetse vir die virus doen.