April 20, 2021

Cele se 21 dae om plan te bekom is verby

Bheki Cele, minister van polisie, sal na verwagting vandag weer die Bethlehem-omgewing besoek om met die boere te vergader.

Jong voorman, Horner (21)

Cele het op 13 Oktober na die Brendin Horner-moordsaak die gebied besoek en die boere belowe hy sal oor 21 dae terugkom met ’n plan om die moorde te beveg. Die gemeenskap en boere was met die eerste besoek ontsteld oor die jong voorman, Horner (21), wat onlangs wreed op sy plaas vermoor is. Die boere voel daar word nie genoeg gedoen om die boeregemeenskap te beskerm nie. Die boere het antwoorde by Cele gesoek omdat plaasmoorde in Suid-Afrika toeneem.

Cele het aanvanklik met die boere op dié dag vergader na geweld buite die Senekal-hof gedurende die verskyning van die verdagtes in die Horner-saak uitgebreek het.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: