Springbok-egpaar se seun dood

Deel hierdie storie / Share this story

VRYSTAAT. – Die seun van ‘n Springbok-egpaar, ‘n boer, is kort nadat hy dorp toe getrek het in sy huis dood gevind.

Kippie Wessels (52) is die seun van John Wessels, Springbok-haker en Sussie Wessel, Springbok-netbalspeler. Hy het jare ‘n gemengde boerdery op Maidstone bedryf voordat hy sowat twee maande gelede na Zastron verhuis het. Kippie is na bewering met steekwonde in sy huis gekry.

Omstandighede rondom sy moord

Klippie se ma het aan Netwerk24 gesê dat sy nog nie veel oor die omstandighede rondom sy moord weet nie. Sy sê verder hulle wag nog op die polisie om nog inligting te versamel.

Die nuus het vinnig op sosiale media versprei en mense het hulle ontevredenheid oor moorde uitgespreek. Meeste kommentaar het die voorval as tragies beskryf.

’n Private roudiens sal vir Kippie gehou word.

Volg FiND iT hier.