Só het Avivaweg-brand ontstaan

Foto: Skermgreep

KIMBERLEY – Die brandweer kon gelukkig die verspreiding van ‘n brand wat vanoggend in ‘n kompleks in Avivaweg in Hadison Park uitgebreek het, beperk. Kyk hier na die video.

Thinus Pretorius, senior bestuurder by die nooddienste, sê die brandweer het om 07:45 die oproep oor die brand in een van die wooneenhede van die kompleks ontvang. Die brandweer was vinnig op die toneel.

“Die brand is deur ‘n elektriese kortsluiting in die dak van die studeerkamer veroorsaak. Dit het na die sitkamer versprei, maar ons kon gelukkig die verspreiding tot net daar beperk,” sê Pretorius. “Die badkamer en die kamers het darem nie skade nie.”

Verder sê Pretorius niemand het seergekry nie. “Die inwoners van die huis kon gelukkig almal betyds uit die huis kom.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: