BLOEMFONTEIN. – ’n Polisiebeampte het ’n 24-jarige vermeende rower in Heidedal glo 10 keer geskiet terwyl verdagtes probeer vlug het.
Volgens Ndileka Cola, van die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat, het een van die verdagtes, wat ‘n skietwond aan sy been opgedoen het, na bewering om genade gesmeek en by die beampte gepleit om nie te skiet nie. Cola sê die beampte het na bewering op die 24-jarige wat probeer het om van die toneel te vlug, begin skiet.
Polisiebeampte
Die polisiebeampte het glo die aand van die voorval in sy huis geslaap toe hy mense binne sy huis hoor. Hy het gaan ondersoek instel, waar hy na bewering mans gevind het wat sy TV vashou. Cola sê die polisiebeampte het daarna sy geweer gaan haal en die verdagtes in sy huis agtervolg.
Volg FiND iT hier.



