Kaapse paartjie trou in akwarium

Deel hierdie storie / Share this story

KAAPSTAD – Corlette Nadel en Theo Cannon Nel het Saterdag in die Twee Oseane-akwarium in Kaapstad getrou. Hulle is die eerste egpaar wat in dié akwarium die knoop deurgehaak het.

Die paartjie se eerste afspraak én verlowing was ook by die akwarium, berig Netwerk24.

Die plegtigheid en die onthaal was beide in die akwarium gehou.

“Watter aand was dit nie. Dankie vir dit alles. Dankie vir almal wat in persoon daar was, asook die wat aanlyn die geleentheid kon bywoon,” skryf Theo in ’n plasing op Facebook.