Man deur taxi doodgery

Deel hierdie storie / Share this story

VEREENIGING. –  ’n Man is gistermiddag dood nadat hy op die Houtkopweg in Vereeniging deur ’n taxi getref is. Die man was vermoedelik om en by 40 jaar oud.

Toe ER24-paramedici op die toneel aankom, het hulle die man in die middel van die pad aangetref. Die taxi wat hom getref het, was ’n entjie verder langs die pad geparkeer.

Medici het die man vinnig ondersoek en gevind dat hy talle beserings opgedoen het en in ’n kritieke toestand was.

Die man is behandel en van gevorderde lewensondersteunende ingrypings voorsien voordat hy na die Sebokeng- provinsiale hospitaal vervoer is vir verdere sorg.

Ongelukkig het die man met sy aankoms by die hospitaal aan sy beserings beswyk.

Plaaslike owerhede was op die toneel vir verdere ondersoeke.