EDENVALE. – ’n Driejarige is dood verklaar na hy by ’n woning in Edenvale verdrink het.
Paramedici van ER24 het gistermiddag omstreeks 12:49 op die toneel opgedaag waar die ouers van die kleuter op pad na ’n privaat hospitaal was.
Medici het die kind versigtig geneem en geen tekens van lewe gevind nie. KPR en gevorderde lewensondersteunende intervensies is onmiddellik begin om die kind by te bring.
Ongelukkig was daar na 40 minute geen teken van lewe nie en die kind is dood verklaar.
Verdere besonderhede oor die voorval is nog nie bekend nie.



