Hoërskool Brackenfell: EFF-lede en Brackenfell-inwoners stamp koppe

Deel hierdie storie / Share this story

WES-KAAP. – In ’n video kan gesien word hoe ’n geveg tussen betogers en Brackenfell-inwoners ontstaan. EFF-lede het besluit om vanoggend weer by Hoërskool Brackenfell te betoog na ’n privaat funksie gehou is.

Slegs wit kinders genooi

Mense is kwaad na hulle ’n video van die privaat matriekafskeid gesien het en beweer slegs wit kinders was genooi. Die betogers was ook Vrydag by die skool.

In die video deur die African News Agency (ANA) word gesien hoe die mense na die EFF-lede gaan en hulle vra wat hulle daar maak. ’n Geveg breek dan minute later uit.

Hulle ondersteuning te wys

Ouers het in groepe saamgestaan teen die betogers. Ouers is bekommerd oor hulle kinders se veiligheid. Selfs mense uit nabygeleë dorpe het na die skool gekom om hulle ondersteuning te wys.