Suid-Afrika is op vlak een van inperking en die Covid-19-infeksiesyfer het oornag met 1 866 meer geword. Daar is nou 732 414 positiewe gevalle van die virus in die land.
Die aantal sterftes weens Covid-19 wat in die land aangemeld is, is 19 677 en 671 579 persone is van die virus genees.
Die land se gesondheidspanne kon tot op hede 4 917 625 toetse vir die virus doen.



